Liewe Vriende,
Ek wil vandag uit die diepste plek van my hart vir elkeen van julle sê baie, baie dankie. Dankie vir julle aanhoudende ondersteuning, julle gebede en julle liefde vir my asook vir ons Aanlyn Kerk bediening. Elke deel, elke “share”, elke kommentaar en elke gebed dra die goeie nuus van Jesus verder as wat ons ooit self sou kon.
Ek staan met nederigheid voor die Here vir die guns wat God gee in hierdie bediening en dat ek daagliks die voorreg het om mense te bemoedig, hoop te bring en mense van Jesus te vertel en na Jesus toe te kan lei op die Markplein. Dit is niks minder as net God se genade nie.
My grootste begeerte is dat soveel meer mense Jesus sal ontmoet, God se liefde sal ervaar, en dat ons Aanlyn Kerk ’n veilige plek sal wees waar gebrokenes weer opstaan en leef, waar moedeloses weer hoop vind, en waar elke hart die stem van God kan hoor.
Mag ons saam aanhou om die lig van Christus te versprei — nader, wyer, dieper.
“Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid “.Amen (Romeine 11:36)
Baie seën!