HOMEWARD HARMONY NEWSROOMMarketing • Advertising • Community • Opportunities
Homeward Harmony Posting

RUSTENBURG, IS JULLE REG VIR ‘N UITDAGING?

04 Jul 2026 · 5 views

Ter viering van Wêreld Alopecia-dag wat ons op 31 Julie 2026 waarneem, nooi Kaalkopkjint alle skole, besighede, sportklubs, organisasies en gemeenskapsgroepe uit om saam met ons bewustheid vir Alopecia te skep.

Ons missie is om begrip, aanvaarding en bewustheid te bevorder vir mense wat met Alopecia leef – veral kinders soos Kqiara, wat daagliks die wêreld met moed en selfvertroue aanpak.

Hoe werk die uitdaging?

So maklik soos 1-2-3-4:

1. Dra blou klere of blou bykomstighede op 31 Julie 2026.

2.Neem ’n foto van julle span, personeel, klas of groep.

3.Plaas die foto op sosiale media.

4.Tag Kaalkopkjint en gebruik:

#Kaalkopkjint#WorldAlopeciaDay#BaldBraveBeautiful

Gedurende Julie sal Kaalkopkjint bewusmakingsmateriaal beskikbaar stel wat deur deelnemende skole, besighede en organisasies op sosiale media en kommunikasieplatforms gebruik kan word.

Kom ons wys saam dat Rustenburg ’n gemeenskap is wat verskille verstaan, aanvaar en vier.

Tag 3 ander skole, besighede of organisasies en daag hulle uit om ook deel te neem.

Ons amptelike Wêreld Alopecia-dag-geleentheid is nou ‘live’!!!

Kaalkopkjint® – Bald • Brave • Beautiful

WhatsApp- 067 336 0299

kaalkopkjint@gmail.com

www.kaalkopkjint.com

***Belangrike Nota: Kaalkopkjint is ’n bewusmakingsinisiatief en nie ’n fondsinsamelings- of winsgewende projek nie. Ons samel nie geld in nie en maak geen finansiële wins uit hierdie veldtog nie. Ons doel is uitsluitlik om bewustheid, begrip en aanvaarding van Alopecia binne ons gemeenskap te bevorder.***

0

Related Postings