Party oggende staan jy op en voel jy sommer reg vir die dag. Jy wil beweeg, dinge aanpak en net daardie ekstra bietjie Energy hê.
Ander dae sit jy dalk met ’n klomp dinge in jou kop en moet jy Focus op wat voor jou is.
En dan is daar daardie dae…
Daardie dae waar jy net ’n bietjie stilte nodig het. ’n Kans om asem te haal, jou gedagtes rustig te kry en weer ’n bietjie by jouself uit te kom en Tranquility vind.
Dis hoekom ek so lief is vir die idee dat ons omgewing ook deel kan wees van ons klein daaglikse rituele.
FOCUS
Vir daardie oomblikke van werk, studie, konsentrasie en wanneer jy net ’n bietjie meer gefokus wil voel.
ENERGY
Vir oggende, beweging en wanneer jy lus is vir ’n vars, opgewekte atmosfeer.
TRANQUILITY
Vir stadiger oomblikke… meditasie, nadenke, ’n reset na ’n lang dag, of net daardie paar minute waar jy weer rustig wil asemhaal.
Want soms is dit nie groot dinge wat ’n dag verander nie.
Soms is dit net die klein goedjies wat vir jou sê:
“Kom… haal asem. Jy hoef nie alles op een slag te dra nie.”
Ek dink dis ook wat ek die meeste van hierdie blends geniet. Jy kan kies wat by jou oomblik pas.
Watter een sou jy vandag kies. Focus, Energy of Tranquility?
Wil jy graag meer weet? Stuur gerus vir my ‘n boodskap 083 370 8884
#Focus #Energy #Tranquility #DiffuserBlends #GraciousHealingWellnessGifts




