Om op water te loop
Daar was ’n storm daardie nag. Die wind het gewaai, die golwe was wild, en die dissipels se boot was vol vrees. Toe kom Jesus — loop op die water. Petrus roep uit: “Here, as dit U is, laat ek na U toe kom!” En Jesus sê net: “Kom.”
Om op water te loop is nie om sterk te wees nie; dit is om te vertrou. Dis om te glo dat Jesus se woord sterker is as die storm. Elke tree op die water was nie op seker grond nie — dit was op geloof.
Baie keer nooi God ons ook om op “water” te loop — om uit die boot van gemak, sekerheid en beheer te klim. Dis daar, in die onmoontlike, waar jy Hom werklik leer ken. Nie in die stilte van veiligheid nie, maar in die golwe van vertroue.
Ja, Petrus het gesink toe hy op die storm gefokus het, maar hy het iets ervaar wat die ander nooit het nie — die aanraking van Jesus se hand op die water.
Wanneer jy vandag voel dat jy sink, kyk weer op. Die Een wat jou roep, hou jou vas.
Gebed:
Here, help my om te stap wanneer U sê “kom”.
Leer my om meer op U stem te fokus as op die golwe rondom my.
Laat my geloof groei in die plek van onsekerheid,
en laat U hand my altyd optel wanneer ek sink.
Amen.
Luister gerus na die.lied wat ek geskryf en getoonser het. Sy woorde plaas ek onder die lied
Past. Stef